Inwoners van die Mangaung-metrogebied sal van vandag af met R1 000.00 vir elke oortreding van die waterbeperkings beboet word. Iemand wat ‘n tweede keer betrap word, sal R2 000.00 moet opdok. Die volgende waterbeperkings geld:
- Grasperke mag nie natgelei word nie.
- Plante mag nie met ‘n tuinslang of ‘n besproeiingstelsel natgelei word nie. Dit mag net elke tweede dag met ‘n emmer natgegooi word.
- Swembaddens mag nie opgevul word nie.
- Motors mag net een keer ‘n maand met ‘n emmer water gewas word. Geen tuinslang of sproeimasjien mag gebruik word nie. Water wat in die straat afloop wanneer ‘n voertuig gewas word, is ‘n oortreding.
- Huise se vensterruite mag nie gewas word nie.
- Geen harde oppervlakke by huise mag netgemaak word nie.
www.netwerk24.com